Jongste aktiwiteit:

Vonnis tot Vryheid

Een enkel sin, die woorde kras
die wêreld tuimel om my heen
maar maak nie sin nie
alles hier is nou illusie
werklikheid gestroopte droom.
Die vonnis is gevel
die tydperk is bepaal
eenhonderd twintig dae…..
berge berge ewigheid
lê voor my om my oor my.

Lig afwesig denke maal
ineengestrengel blind verward
geboei gebukkend vasgekeer
in staal vierkant
sensasie van beweging
skrefieruit verberg totaal
en vrese storm deur die wese
en die somtotaal
van die gedagtes is ‘n ronde nul…

Beweging stop
gebukkend uit geboei gelei
vierkantig kake sper wyd oop
en sluk my in verorber my
en sluit sekuur die wêreld uit
maar niemand sien my laaste tree
of weet ek het verdwyn
die lewe wat hul ly onaangeraak
deur onbekende vreemdeling
se wegraak in die skemering
van vrese drome werklikheid.

Net ek wat vaskyk
teen die draad en klip en staal
wat grys die perke uitmeet
van my reddeloos bestaan.
Die lewe nou is drie by drie
met deur van staal……
‘n tweede asem ook ‘n nommer
deel met my sy grou verhaal
van liefde onreg en verbete
stryd teen donker wolk
wat dreig om te verswelg
dit wat nog saak maak
asof dit nog wel bestaan?

Maar langsaam deur die newels
van my mistige bestaan
breek lig, eers huiwerend
en dan met groter sekerheid
dwing dit die laaste donker
wete tot vergetelheid,
ontbloot my hart my siel
my donker drange
laat dit bloot lê voor Sy heiligheid
en heel my wonde met Sy hande
stukkend bloeiend steeds vir my
en maak aan my bekend die wete
daar is niks wat weer sal pyn bring
want my Koning is by my!

©22/10/2010 Anton Bosch




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed