Jongste aktiwiteit:

wils-besluite

my duin is vol rimpels vandag
weke se sterk wind het dit omgekrap
dit wil lyk of ek nie my sit gaan kry nie
maar dan val die see geluide soos lafenis
in stormweer hervorm die golwe die strand
kalwe dit duine weg, en skep nuwe sandbanke
om net weer met laagwater sy struweling te ontken
op wit strande lê daar dan hope afgeskeurde plante
wat verdroog, vergaan en verwyder moet word
vir die estetiese beeld van die ongerepte see
die wil van die see, is soos dié van ‘n man
wie se “Nee”, “Nee” is, sy wil vas staan
wils-besluite is soos getye van die see
dit volg die weg van jou gewoonte
staan jy vas op jou woord
sal jy eerlik wees en bly

©Teárlach
“ek hou van ‘n man wat sy man kan staan..”




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed