
As disseldons dans
Die vuuurbal se glimlag
word halfmas versteek
soos die swanger dag
oor die horison breek
Disseldons dans
oor die stofpad se blad
as kiereie-kierie donkiekar
koers dorp se kant toe vat
Warrelwind kom kegel
rooistof teen die duin
ou miskruier strompel
in tru-rat deur woestyn
Rollende wielspinnekop
kom dronkerig kietsregop
salamander trippel kruispoot
om te ontsnap uit hittenood
Die versinsel van ‘n oase –
met volop water en vrede
laat menig voete vol blase
wreed terugkeer na die hede
9 Kommentare
-
-
Koekekranka
Pragtig in aanbieding en baie diep filosofies. Baie mooi!
-
Viooltjie
Baie goed gedoen Evelyn. Met genoeg stof tot nadenke. Eerste strofe is tops. :-)
-
Elizabeth Greef
Sjoe, die landskap hier so raak geskilder. Jou slot is tops!
-
Anze
kan net by my voorgangers aansluit, dis puik geskets
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Pragfoto saam met n pragwerk evelyn