Droogte
Van Blinkpan se kant dwarrel die stank van gevrekte skilpad en vis
want sy fonteine lê droog en sy bronne verdor in gloeiheet se sis.
En die sonbesies se skril het ook lankal verstil, verstik in stuifsand
wat bar, aried reën-arm sandhose vir nog meer dorheid verpand…
O, God, sal ooit ‘n swanger wolk teen ‘n eens lasuurbloulug
die wêrelddeel -wat nou net rooistof gloed- met reen (selfs hael!) bevrug,
want omsons, nodeloos, priem mens en dier met argusoog
na skynsel van U groot genade en weersiens van U na-reënboog…
6 Kommentare
-
-
Anze
Ek buig laag voor hierdie gedig!! Dis die mooiste beelde wat jy ingespan het! PUIK!
-
Evelyn van der Merwe
Een van jou mooistes, 'n landskap wat smag na Bloudruppelreën, voortreflik beskryf.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elizabeth Greef
Sjoe, KK, en hier kom die ou meester weer na vore. Jou woordgebruik verstom my altyd. Uitmuntend, vol emosie verwoord.