Jongste aktiwiteit:

Soms roep die lewe halt ……

Toe jou wit onderrok-kant
daar oor jou skouer gly,
het op jou hals se blanke-ivoor
ñ sonnestraal gedy.

Carpe Diem in tyd,
het my hart dit totaal verloor,
in sy hunker om daai stukkie naak
saggies te soenknibbelbyt.

En toe jou oë myne ontmoet,
so half bly-verleë,
sê jy oor my tere emosie-woed
oeps, al so laat, ek moet gou klee.

Soms roep die lewe net weer halt
maar jaag in tweespalt, ons harte verby!

©Elizabeth Greef




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed