Sneeuwit Teen Swart en Droef
Swart en droef
loer hy oor die rant
van vals geluk
as Skoppensboer
wat slobber
in sy haat en hoon
met vermeende mag
oor God se Liefde
onbesmet
want lankal reeds
het hy met jaloesie
se roesigheid
gelê en sinister
met nyd gewag
vir Wie die Hemel
om hom heen sou priem
maar sneeuwit
het uit my hart se skroot
ons God se lig geskyn
om reddend uit gena’
Sý Liefdeslig na my te bring
Nou kan ek self (én jy!)
wit branders ry
met ewigdurend’ hooggety
van God’lik saligheid!
5 Kommentare
-
-
Elizabeth Greef
Sjoe, 'n diep werk, KK ja, Sy lig skyn uit al sy Gees-gebore kindres.
-
Evelyn van der Merwe
Voorwaar mooi positief gepen, laat mens onomwonde dink aan ons Sondagskool liedjie van toentertyd..... Laat ons skyn vir Jesus ................
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is pragtig!!!