Jongste aktiwiteit:

Voetstappe

Ek kan nie sien , en tog kan ek sien
[ ‘’Toegesluit deur stilte en duisternis besit ek die lig wat
my duisend visies sal gee wanneer die dood my vrymaak’’]
Helen Keller.

Ek kan nie sien
en tog kan ek sien
want in die naderende duister was kleur
natuurskoon, jou beeltenis en blommegeur
in die geheue ingebed
neem dit nie van my weg
die geheue-sien my enigste voorreg—–
Ek sien jou aan jou stem!
Met elke bui vrolik of emosie gestrem
staan jou gelaat helder en duidelik afgeteken
op my geheueskerm, en ek sien en ken
jou voetstappe haastig of rustig
waar jy duidelik stap, ek soms lugtig
waarom en waarheen die haas of so traag?
Maar dit bly net ‘n onuitgesproke vraag——
Jou stem raak nie oud
vir my bly dit jonk, en benoud
luister ek na jou voetstappe
so tussendeur ons grappe
dis nie meer so veerkragtig,
maar jou beeltenis bly jonk en pragtig
op my geheueskerm in ewige jeug
vasgevang, jou kom en gaan ‘n vreug—-
Ek ruik en sien die gras
en blomme duidelik op die terras—
Die doudruppels pêrelsag
wat onrustig die son inwag,
die dag wat tot lewe ontwaak
my siel en sinne sag streel, aanraak
met ruik en sien en hoor,
die voëlgesang wat in bome bekoor—
en jy gaan netnou tuintoe stap
af met die trap
tot by die blombeddinkie,
op jou hakke die klein brakkie
en as jy terugkom weet
ek gaan ons brekfis eet—-
Ek kan nie sien
en tog kan ek sien,
die oë- vensters nie regtig blind,
en met verskerpte sinne vind
ek die blindings wyd oopgetrek
met sonskyn in elke vertrek,
en ek kan sien
al kan ek nie sien—-

Janetta – Helena [Babs] ©




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed