Jongste aktiwiteit:

Pleisters

Pleisters

Ek het kop tot tone
orals pleisters van seerkry
want my hart is flenters oor al die oop
grafte waar ek geliefdes moes teruggee
aan moederaarde want die een boom
na die ander is die afgelope jare uit my
hartswoud gekap en geplunder die oop
gate en wonde gelyk gemaak en bepleister
maar genesing wil net nie kom nie—
Jeugliefdes se pleistertjies was gou afgehaal ook
stampe en stote kon ek weerstaan en hanteer, selfs
onreg kon my nie onderkry die plegers lankal dood
en die pleisters oor gekweste eer en trots verwyder,
maar die seer oor afgestorwe geliefdes genees nie,
die pleisters is steeds daar—

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed