Ons Eerste Soen
Die meesleurklanke van die wals
het oor die vloer gesweem
toe ek jou slanke liggaam mals
in bewendgretig arms neem.
Ek onthou nog goed die aanraak
van skrams jou liggaam teenaan my,
die oopbreek van my hart se braak
met Eros-liefde diep gesny…
Ek dink steeds t’rug in bly onthou
ek wou net dans, jou nooit laat los;
toe stil gaan staan, jou toegevou,
gesoen, verdwalend in jou blos!
8 Kommentare
-
-
Anze
wow.. dis nou propvol nostalgie... pragtig geskets
-
Viooltjie
Baie mooi. Die oomblik pragtig vasgevang!
-
Elizabeth Greef
Hoe veral van jou slot. pragtige werk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Ai ai daardie eerste liefde en soen vergeet mens nie