Jongste aktiwiteit:

Illusie Van Die Blou Deur

Illusie Van Die Betowerende Blou Deur

Die fassinerende helderblou deur is
soos die hemelruim op ‘n wolklose sonskyndag
en lyk so vriendelik en uitnodigend dat jy graag
daar wil gaan inloer maar dis altyd raaiselagtig gesluit—
Wat sal dan die geheim wees en
wat skuil agter die toe deur?
Skielik voel jy die afsydigheid aan
soos van vlees en bloed wat jou teëhou o so
vriendelik, maar slot en grendel behou afstand
tussen besoeker en die ware innerlike self,
ook maar soos teruggetrokke mensekinders doen—–
Ek verstaan dan jou diskrete vriendelikheid, en
dis of daar skielik so ‘n grys mistigheid oor
jou waai wat die helderblou verdof en
die betowerende illusie van die blou deur
eensklaps verdwyn en verweerd daar staan—-

Janetta – Helena [Babs] ©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed