Psalm 22 ( Die wildsbok van die dagbreek)
Brons afdeling
Psalm 22
(Die Wildsbok van die dagbreek)
Wildsbok jy staar alleen
en kwyl groot-ogig
deur die doringdraad
na die spieëlbeeld van Sy Daeraad.
Jou dors beur diep
krete vanuit jou honger siel
en los wreed sy merk
voor die tafels van seën vir jou gedek.
Wildsbok breek los
uit die stof en roes en drade gekoek
en klim hoog teen die berg
waar jou God jou heen roep!
Daar sal jou dag breek
in glimmer goud –
en jou buig sal sierlik boog
as jy dankbaar in die oorlvloed soog.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek