Jongste aktiwiteit:

IKARUS

IKARUS

Ek en die sterre van Orion hou ‘n nagwaak vir jou
Sodat jy jou pad sal vind deur Nastergal valleie
Sodat die mis voor die Noordster kan verdwyn
En jy jou voetpad naby aan die son sal vind

Ek en die heelal huil oor jou
Oor jou vlerke wat sleep in die onvrugbare grond se stof
Oor die distels wat groei in jou lande
Oordat jy te moeg is om saammet ‘n Dandelion te droom

Ek en die see roep heeltyd jou naam sodat die Hemel kan hoor
Sodat jý kan hoor waar Neptunus se waarheid lê
Sodat jy op die water kan loop en nie meer bang sal wees
Sodat jou storm kan stilraak en ons saam in die golfies kan giggel

Ek en die blomme stroei blaartjies in die wind
Sodat jy soos Hansie en Grietjie nie verder sal verdwaal nie
Sodat my sonskyn genoeg sal wees vir jou om terug te kom
Sodat jy sal omdraai Ikarus, voor die son jou insluk en my hart uitbrand

net kulu




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed