Stuur my terug as ‘n wolk
Stuur my eendag terug as ‘n wolk
Sodat ek vry saammet Afrika se wildebeeste die groen heuwels kan stormloop
Sodat ek eenhorings onder ‘n waterval kan ontdek
Sodat ek duikrolle op Kilimanjaro kan doen
Stuur my eendag terug as ‘n wolk
Sodat ek vriende met die wind kan wees
Sodat ons saam in die golfies sal baljaar
Mekaar geheime kan vertel terwyl ons verstrengel is in ‘n tango
Stuur my eendag terug as ‘n wolk
Sodat ek knus en toeternoelie kan bring vir God se honger kinders
Sodat ek Sy Genade in algar kan vaswaai
Sodat ek die tralies van die wêreld kan wegwaai
Stuur my eendag terug as ‘n wolk
Sodat ek skadu kan bring wanneer die son jou brand
Sodat ek die trane in jou oë kan wegspoel
Sodat ek saggies aan jou wang kan raak en jou kan gaan wys waar om die sterre te vind wat in jou oë moes hang..
net kulu
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.