Oorlog
Ek en jy in ’n
kamer
alleen is daar ’n geveg wat moet
uitbreek
waar woorde slaan hou vir hou
afbreek
niks word opgebou net
rommel
en moed verloor die
bly oor
©Anita van der Walt
3 Kommentare
-
QuintonV
Dit is baie diep in baie min woorde. Ek verstaan die gevoel en omstandighede al te goed. Jy het regtig groot talent.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek