Jongste aktiwiteit:

Nagdig (Engelse Sonnet)

daar’s ‘n vuur wat hang in die donker gang
en geluide van die wind en die weer;
‘n ruiter van die nag met oorlogdrang
wat die vrede in my vesting kom steur

dis laat in die nag en die maan skyn rooi
en ek luister na die perd se gallop
na winde wat woede in vlae gooi
en harte verward uit ritme laat klop

ek skryf ‘n gedig in die vuurmaanlig
van liefde en van berge én van jou
die klap van die hoewe kwyn in die niet
…en die son skud sy saad oor die dou

die môre ontkiem uit sy nagkombers
en ek rus my pen vir vanaand se vers

A Fourie (Seirdna)
10.08.2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed