![](https://ink.org.za/wp-content/uploads/2017/11/BA460479-B027-4150-8B47-658EA9F415EA.jpeg)
U gee vrede en genade
U GEE VREDE EN GENADE
As die stofstorm die aarde toe vee
en die son verdof in die dowwe blou lug
en agter rammel donderweer
bring dit beloftes in die tyd van nood
ons bid vir trane van Bo gegee
trane vir die droe aarde wat sug
ons vra vir reëndruppels meer en meer
vir ons land se damme en ons brood
U gee ons vrede om in te glo
die son die maan die sterre in die lug
U voorsien en versorg ons as kinders
verander wanhoop in glo, twyfel in vertrou
ons dors na die oop sluise van bo
kniel elke dag vol geloof voor Hom
vaal lande verander in loof en groen
bring van lewe, bring van glo en hoop
die wind se sag fluister word ‘n glo
van wolke wat stadig naderkom
met die eerste druppels sag op my skoen
spat fyn sand op waar ek wagtend loop
U gee ons vrede om in te glo
die son die maan die sterre in die lug
U voorsien en versorg ons as kinders
verander wanhoop in glo, twyfel in vertrou
die aarde het volhard om te roep
as spatsels verander in ‘n poel
vingers sambok na die aarde slaan
poele word ‘n genade stroom
vele boere staan op hul voorstoep
met trane van dankie-vreugde-voel
as hul arms opwaarts in die reën staan
en weer vir ‘n beter toekoms droom
U gee ons vrede om te glo
die son die maan die sterre in die lug
U voorsien en versorg ons as kinders
verander wanhoop in glo, twyfel in vertrou
ja U gee ons vrede om te glo
op te kyk na bo
die son die maan die sterre in die lug
U liefde deel van ons lewensvlug
U voorsien en versorg as ons vra
om ons oor struikelblokke dra
verander wanhoop in glo, twyfel in vertrou
geloof, hoop en liefde op U gebou
… U gee ons vrede om te glo
geloof, hoop en liefde geskenk van Bo …
… U gee ons vrede om te glo
geloof, hoop en liefde geskenk van Bo …
©Kopiereg Linda du Plessis 13/11/2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Baie dankie, Linda.