Helende Trane
Helende Trane
Trane ontlaai die drukkende
emosies nes ‘n stoomklep wat open
en trane ontsnap uit die oë soos
helende balsem vir die verskeurde
gemoed en die opwellende snikke
en rukkende skouers ontpers dit
uit die dieptes van jou sieleleed
en biggel oor die wange soos lawa
wat diep uit moederaarde se gesmelte
buik met sametrekkende trillings en
krampe uitgepers word en bergaf
vloei uit ‘n oorvol kraterbek—
In jou grootste vreugde ontlaai die
oorvol gemoed laggend en snikkend
en is trane die katarsis van ons ekstreme
emosies van vreugde en verdriet—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
-
Ch Nel Venter
Pragtige vergelykings vers. baie geniet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Ek is mal hieroor en die foto