As son verdrink in water
skemer loop kaalvoet oor die water
en kom sit kruisbeen langs my op die
strand, rooi kreefdop in die hand,
met ‘n hartseer trek om die mond
en die son word oud agter ‘n platgetrapte
horison en ek wens ek kon jou deur tyd se
glipgange sleep tot hier, hier neffens my
langs hierdie hartseer skemering
maar jy sou ‘n emmer van jou sterstof
saam moes bring want melancholie toiing
aan my geblomde linne rok en ek vlok
brok brok teen naderende nag
so asof ek mag, asof ek mag verlang na jou
hier waar ‘n hartseer skemerte aan rokspante klou.
© Almarie Truter
6 Kommentare
-
Ch Nel Venter
sjoe hierdie was vir my baie mooi. Dankie
-
Viooltjie
pragtige gedig. baie goed :-)
-
Evelyn van der Merwe
Goeie binnerym gebruik. Knap gedaan.
-
Kiekies
Uit-flippieng-stekend! Fabulooslik mooi!!
-
Arnold
Die roepstem van heimwee ken gaan maat of tyd. Goed verwoord.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Baie mooi gestel