Vlamme van genoeg
Vlamme van Genoeg
Deur: Ryno du Plessis
Donker aarde, vergaande siel, die val lei tot ’n kniel.
Die hel brand los—
gister se rokie, vandag se vuur.
Alles verbrand, jou goue uur, baie het jy verduur.
Laaste oorblyfsels gil vir hulp, ’n siel huil trane teen die hart se venster, geen meer oë wat glinster.
Uitgebrand, net nog as, stukkend teen die grond.
Verbreek die tiende gebod: begeer na enigiets anders as die donker in die siel.
Smag na lig sonder vlamme, selfs al bang vir sonstrale.
Donker, asseblief verdwyn— my eie ek het reeds gekwyn tussen die vlamme van genoeg.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.