Jongste aktiwiteit:

Stasie 70 x 7

Stasie 70 × 7

Deur: Ryno du Plessis

Treine van spyt kom en gaan,berou klim af, skuldgevoel klim op.

Vergifnis speel af in my kop, blaas soos die trein wat stop.

Passasiers groet, ken die gevoel van verlies wanneer vergifnis loop sonder ’n groet.

Vir ewig sal jy boet, die donker bly in jou kop.

Op stasie 70 × 7 sit almal in hul dop, groet die gevoel van hoop, in pyn gedoop.

Sien die pad wat God met almal stap; sou die swerwer na vergifnistog net saam met Hom wou stap.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed