
Oopkant vriende (Goud)
hy vat die langpad huis toe
en draai op die kortpad af
daar sien hy sy oopkant vriende
onder die stilstaan van die son
agter deure sonder slotte
waar net die vrede
in kan kom
buite staan die trein en stoom
daar’s ‘n kaartjie kondukteur
hy wag vir elke passasier
op die koue vaal perron
die een hou vas aan die ander
om op die langpad
terug te kom
Andries Fourie
(Seirdna)
03.10.2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek