Jongste aktiwiteit:

Hier staan ek nou

Ek is bang om my hand uit te steek
Wat as jy hom nie vat nie
Wat as ek vasgevang word in iets
Wat net ‘n droom gaan bly

Hier staan ek nou, hand uit gesteek

Dit is omdat jou oë dit regkry
om my op teen die aarde vas te druk
en op dieselfde tyd
in die hemel op te hang

Dit is jou glimlag-
Dimpels wat selfs sekelman jaloers kan maak

Nee.
Dit moet jou hart wees
jou hart se ritme
wat my dronk ruk

Ek som jou op as onskuld, God se mooiste kunswek

Jy maak my veg
vir die eerste keer in my lewe
so laat my asseblief toe om vir ‘n rukkie in jou oe te staar
net sodat ek kan se ek wil jou hart veilig hou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed