VERLIEF OP DIE LEWE
Ek raak vanoggend weer verlief op die lewe
toe die bewakers van die somer
die wintersdag toelaat om sy skatkis oop te maak
en die baba kranse van die Suider-Drakensberg se wange
met goud te tooi
Stoei gevegte met goud-rooi gewade en baniere
hardloop hand aan hand
oor die skurwe geknakte kranse van die Drakensberge
terwyl ek skoolkind verlief staan met ‘n voet op die plaashek
en verdwaal in die winternimpf se mooi wat elke jaar
oor die Drakensberge heupswaai dwaal
en in my hart kom tent opslaan
Ek raak vanoggend weer verlief op die lewe
maak my eie winters skatkiste oop en soek by die somer raad
vou my tentjie op
en gaan soek die baba kranse van die Drakensberge
om hulle wange met my verlede se goud te tooi
… hierdie jaar
hak ek my ploegskare agter aan die winter se ossewa
wanneer sy kamp oppak en agter die somer aan trek
want die winters raak nou lewenslank
en die Drakensberg se baba kranse
nou te groot vir my om verlief te raak
met my voet op die geroeste plaashek…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Die lang sinne ten pyt lees hierdie vers ritmies. Die ellips voor die laaste stansa is nie funksioneel nie, en dit is iets wat jy gereeld doen. Verduidelik? Miskien word Drankensberg(e) te gereeld herhaal. Kan jy daarvoor 'n alternatief vind. Skaaf hieraan want dit is werklik mooi. Groete.