
Digters en die liefde
die digters skryf gedigte oor die wind
al waai hy jou ook soms van punt tot punt
die digters dig in tale oor die maan
al is sy kraters ver van hul verstaan
die digters maak vlamverse oor die son
en dig graag oor sy gaan en oor sy kom
seisoene dryf ‘n digter se gedagtes
maar verander ewigdurend deur geslagte
hul dig oor see en blomme en natuur
wat wissel elke oomblik van die uur
dan is daar die liefde
die liefde skryf die heel beste gedigte
of hy weg is of hy hier is
of hy blom en of hy taan
of hy vas is of verander
onbekend of welverstaan
die digters volg die liefde
net mooi oral waar hy gaan
Andries Fourie
(Seirdna)
Foto: Pinterest
18.08.2021
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek