Ons Perfeksies
Opdag 5 – Vryevers
Ons perfeksies
as tyd stil staan
in die oogwink van ‘n eeu
soos die storm se oog,
tot asemteue en
oomblikke huiwer,
tot rus kom en
nét stil
wag …
dan sal ons
deur skerwe van gebroke ure,
sinsnedes tussen sekondes,
deur krake en skeure
binnelig sien op
die onperfektheid
van ons perfeksies
© Grootvissie
Julie 2018
Ons perfeksies (net gedig – 50 woorde soos hieronder)
as tyd stil staan
in die oogwink van eeu
soos die storm se oog,
tot asemteue en
oomblikke huiwer,
tot rus kom,
nét stil
wag
dan sal ons
deur skerwe van gebroke ure,
sinsnedes tussen sekondes,
deur krake en skeure
binnelig sien op
die onperfektheid
van ons perfeksies
2 Kommentare
-

Elroux
Prag gedig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie