Opgee Kreet
𝕆𝕡𝕘𝕖𝕖 𝕜𝕣𝕖𝕖𝕥
(bewusmaking van depressie in hierdie tye)
Ek sien myself neergevel
op bodems van eindelose val
die swaartekrag trek my oormoeg liggaam verder na die mal
die verlore gevoel wat in my ore suis
ek val
en val
en val….
….
….✟
hierdie is my noodkreet
hierdie is my geperforeerde uitlaatbuis
hierdie is hoor my leed
my aanmekaar gebeur
hierdie is los my uit
ek wil net lê…
moeg vir nog en nog hê
moeg vir die ewige gedwaal
waar sal ek meer van myself gaan uithaal?
as jou pogings leë spore na onder tree
hierdie is my opgee finaal
ek het my beste gegee
ek het my liggaam sien disintegreer
stukkie vir stukkie verteer
ek is
ek was
ek het
gefaal
verdwyn sonder ‘n spoor
en sal die donker my dalk beter hoor
as die lig se fokuspunt te laat op my kom val
‘n mens kan net soveel keer uithou en aanhou
dan het depressie jou ingehaal
as iemand net kon
net sou oplet
dit is emosies sonder verset
hoe kan ‘n moë mens hulle belet?
©️Wendy Leigh
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ian
Dankie vir die gedig. Ek voel elke woord.