Gesinsmoordpoging
Sal ek daai aand ooit vergeet
Waarvan so min mense weet?
Hy het so bietjie sy kop verloor
om die hele gesin uit te moor.
Ek en boetie het gaan weg kruip.
vanaand het hy weer goed gesuip,
My gedagtes het gewaal na my pa
oor wat hom eintlik so baie pla
en toe klap die eerste skoot
vannaand is ons almal dood,
maar ma die geweer gegryp
slaan hom bewusteloos met ‘n pyp.
3 Kommentare
-

Elizabeth
Hartstreffend.
-

Koos Elsum
Wow dis nie lekker wat die gedig uitbeeld of dit nou fisies of nie, dis rof, veral vir ń kind wat nie weet hoe om die gevoelens te verwerk nie. As gedig sou ek voorstel dat die eerste twee reëls uitgelaat word so word die gedig almal sin en nie net jou herinnering nie, universeel. Ook die woord bewusteloos kan weg gelaat word dan laat die gedig leser sy eie uitkoms bepaal. Net my opinie maar so leer ons saam saam
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek