Jongste aktiwiteit:

Kwatryne in die kou’ – goue kategorie

Kwatryne in die kou’

Die lug was soos jou oë, blou
maar die son se strale was al flou
swaels het op die draad vergaar,
toe’t ek besef hoe mis ek jou.

In hierdie skemer, stil seisoen
waar bome rus, soos bome doen
wyl vrug in stil geheim’nis groei
het ek my met my leed versoen.

En toe een more vroeg – die hemel blou
wyl ek die sonsopkoms aanskou –
het ek twee swaeltjies op die draad gewaar
en met blydskap gewag op jou.

©Estelle Rubow




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Vanessa het n geregistreerde lid geword

  • Ryno Du Plessis het ‘n nuwe publikasie gemaak