Jongste aktiwiteit:

  • Juanri het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van JuanriJuanri is nou vriende

  • Charné de Beer het n geregistreerde lid geword

  • Jesica het n geregistreerde lid geword

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Adel het n geregistreerde lid geword

  • Juanri Lid se profiel foto het verander

  • Juanri het n geregistreerde lid geword

Môre se pad

As ek my môres kon mooimaak
in nou se hart
sou ek eers wag tot ons dryfsand
stilraak in die uurglas;
sodat ek net een heel korrel
van daardie aand kan verewig
voordat jou halfsirkels my toegroei
en ek vergete in jou verlorenheid val

ek sou tyd nie toelaat
om leeg te loop
oor my moeg geblaaste asem nie –
want hoe langer ek 
sonder jou hand in myne
vir gister blaf
hoe meer raak alleenmymer
‘n tong wat rou wonde ooplek.

Ja, as ek maar net ons naak stiltes
in ‘n bottel vol vars soene kon inlê
sou môre miskien ook nóú kon mooiwees.

© 2018 Caren Kearley
Kopiereg Voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed