Nege dertig
die oggend is grouwit wolke en omber dakke; bougainvilleatakke wat pienkrooi blom die donker man dra wit bloeisels in sy hande en teen Simonsberg se hange spartel ’n strepie somerson © Carma Shaw 27 Feb 2019 9:30
AS GISTER WEER VANDAG KON WEES
AS GISTER WEER VANDAG KON WEES “Ma-a-a-a, maak asseblief die deur oop” roep Marlet vrolik deur die oop kombuis venster”. Sy staan op die sement blombak se rand om by te kom en spring vroik af toe ek antwoord met ‘n vrolike stem, “Ek kom” Toe ek die voordeur oopmaak borrel aldrie my tieners by […]
Aspoester se skoen (Silwer)
© Charleine Collins 26 Februarie 2019
altyd Ulysses se Penelope (Silwer)
ek moet hier wag gekruisde bene wag die tyd uit wag wyl jy om die wêreld gaan en leef – vergeet dat ek nog hier maar net van uur tot uur bestaan jy’t my uitgesmyt uit jou diepleef uit soos ‘n mooi trofee voltooi ‘n los ornament jou bestaansmonument en word mee weggedoen sonder dat […]
Dig deur die uurglas se vloei (Silwer)
Hoe lank gelede is dit nou – dalk n jaar of tien? had ek ‘n bloedrooi blasie in my middelbrein daar waar my sig se sein en sewetriljoen sensors verwikkel, binêr verbondel vou. ‘n Paar stents en coils is deur my are van my lies af opgeskiet tot by X marks the spot in die […]
My woorde
My woorde soek meer mening. Dit soek skeilling tussen elke lyn. Dit soek liefde en die gevoel daarby. Dit soek hartseer en trane wat nat gly. My woorde kry lewe en ontwaak tussen die lyne waar dit geduldig lê. Dit soek waarhede, elk braaf op sy eie. Die trane gee dit ‘n tikseltjie siel by. […]
Blou Dinsdag
(goud) toe… het sy elke groot en klein verdriet in haar twee palms uitgegiet; dit fyn, en fyn, en fyn gemaal – soos duinesand wat aswit vaal haar hande sag tot vuis gemaak bo, waar die uurglas nounek raak en al die seer daarin laat loop met net een enkel, skrale hoop […]
SPERDATUM: 28 Februarie 2019: Wie dalk belangstel: Croyez skryf kompetisie
DIE CROYEZ LITERÊRETOEKENNING 2018 GESKIKTHEID Die Croyez Literêre Toekenning E-pos: croyezlitaward@classicmail.co.za Tel: 081 413 2947 Adres: 22 Schoemanstraat Vaalpark 1947 The Croyez Literary Awards Burgers wat ‘n permanente inwoner van Suid-Afrika is, kom in aanmerking. Vir enige deelnemer wat nie die ouderdom van meerderheid bereik het in sy of haar provinsie of land van verblyf […]
UURGLAS
UURGLAS Ek trek my vingers deur my grys deurdrenkte hare. Die stille tekens van waar ek staan in jare. Die uurglas op die kas vang my oog en ingedagte kyk ek hoe die sand deur sy boepenslyfie vloei. Ek dink beangs daaraan dat met die spoed wat die sand deur die uurglas se lyfie vloei, […]
ORKAAN
ORKAAN Daar woed ‘n woeste orkaan die hemelruim ruk pluk en verstuk bome word ontwortel deur die wind aangejaag donker grys growwe wolke die aarde in skemer omvou in die verte tref blitse met flitse teen liglose hemel blou slaan reëndruppels teen die venster raam biggelende trane teen die ruit afgaan © Eleen van Deventer […]