AS GISTER WEER VANDAG KON WEES
AS GISTER WEER VANDAG KON WEES
“Ma-a-a-a, maak asseblief die deur oop” roep Marlet vrolik deur die oop kombuis venster”. Sy staan op die sement blombak se rand om by te kom en spring vroik af toe ek antwoord met ‘n vrolike stem, “Ek kom”
Toe ek die voordeur oopmaak borrel aldrie my tieners by die deur in. Almal praat gelyk en tasse en sportsakke word sommer enige plek neergeplak . Renier vra met ‘n diep binnemondse stem” Wat eet ons Ma?” en gee my ‘n stywe druk.
“Chill jou boude man en wag dat ons eers klaar groet en hoor hoe was Ma se dag, Wat is fout met jou! Snou Rene, my blonde kop rissipit dogter , maar met ‘n hart van goud ,haar broer toe.
“Ek gaan gou uittrek Ma”, sê Marlet en begin vrolik neurie oppad na haar kamer.
“Ag hoe vining het hulle groot geword,” dink ek by myself terwyl ek vir Marlet agterna kyk waar sy na haar kamer loop. Ek kan nie glo sy is in Matriek die jaar nie. Waar het die tyd heen gevlieg? Dit voel soos nou die dag dat ek haar in my arms vir die eerste keer vasgehou het, met haar haartjies wat pen reguit op haar koppie gestaan het . Sy het so verwoed geskreeu dat sy sommer bloedrooi was. Ja, dit voel soos gister wat ek my mollige ses maande oue babatjie buitentoe gevat het en op ‘n kombersie voor die vrolike bont vygies neergesit het om vir haar ouma wat so ver bly ‘n foto te stuur. Ek het die pragtige blou pakkie wat sy vir Marlet gekoop het met heldergeel eendjies vir haar aangetrek.. Sy het net begin sit, dt wa so ‘n spesiale oomblik. Ek onthou hoe ek diep in haar bruin ogies gekyk het en vir haar vertel het dat ek vir haar verskriklik lief is en ek hoop nie daar is ooit een dag in haar lewe vorentoe wat sy daaraan sal twyfel nie.’n Traan het oor my wang gewiggel en Marlet het my met ‘n diep fronsie ernstig aangekyk. Ek was en is nog steeds bly om haar elke dag te sien. Sy is so ‘n plesier om in die huis te hê.. Sy was emosioneel volwass ver voor haar tyd. Ek onthou hoedat sy eenkeer toe ons in Checkers was en ek baie hartseer was en hard probeer het om op die inkopies te konsentreer. Ek het vrolik oor alles en nog wat met haar gepraat . Sy het wetend geglimlag en haar handie in myne gesit en styf vas gedruk.. Ook dink ek terug aan die dae wat sy op ‘n mooi manier vir my probeer sê het dat sy dink dat ek nou kwaai of onvriendelik is. Sy sou ‘n papietjie vat en drie gesiggies daarop teken , een hartseer, een kwaad en een vriendelik en vir my vra watter een dink ek is ek. met ‘n skaam glimlaggie
Al drie my tiener kinders is vir my spesiaal, maak nie ‘n fout nie. Ek is net nostalgies oor Marlet omdat dit nou ‘n realiteit is dat sy in Matriek is en greed maak om die nes te verlaat .Gelukkig weet sy nog nie wat sy wil studeer nie en gaan bes moontlik ‘n “gap” jaar neem. Dit pas my uitstekend Sy is ‘n slimkop en kan enige iets studeer wat sy wil, ook met haar vak kombinasies., Sy is net bang sy mors tyd en geld deur iets te studeer wat sy nie regtig oor seker is nie.
“Ma-a-a-a!”, ek skrik uit my gedagtes wakker toe Renier so gil.
“Ja seun wat is dit?” vra ek.
“Wanneer gaan ons eet?”
“Nou Seun, ek dek net gou die tafel”, antwoord ek terwyl ek vining die borde regsit. So begin die roetine van elke middag. Ek luister na al die stories en geskerts om die tafel totdat Marlet iets sê wat sleg op my ore val.
“Sê gou weer Poppie” sê ek en hoop dat ek verkeerd gehoor het.
“Ek weet uiteindelik wat ek wil word Ma, ‘n Veearts, Tara!”sê sy met ‘n groot bravade. Enigste probeem is, ek kan dit nie by Stellenbosch studeer nie net Pretoria se universiteit bied dit aan.
Almal is vir ‘n oomblik stil dan hak Marnus,my man, af en sê”Dit is gelukkig nie so groot probleem nie, Michelle- hulle bly maar net 9km van die universiteit af en sy werk mos ook in die audit afdeling daar.”
“Ai, sug ek, vir wat bied die Universiteit van Stellenbosch nou nie die kursus aan nie. ‘n Mens kan dan daar vir ‘n mediese dokter studeer.?”
Marlet voel ook nie te bly nie, maar die feit dat haar gnsteling tannie, Michelle ,(Marnus se suster) daar naby bly en boonop by die universiteit werk, maak dit beter..Ek voel die res van die middag nie te lekker nie. My vriendin, Norma, skakel en vra of sy ‘n bietjie kan oorkom. Sy het nodig om ‘n biejie stoom af te blaas.
Ons sit later die middag agter in my tuin, elkeen met ‘n warm koppie tee.
Norma skuif haar reg voordat sy begin met” Vriendin, jy weet dat ek nogal tuff is, maar vandat Sarel sy tiener jare bereik het, kan ek sien da thy ‘n vader figuur in sy lewe kort. Ek dink as ek my lewe oor kon hê, sou ek dinge anders gedoen het. Ons het tog almal foute en as ek nou terugdink was Rubenl nie net sleg nie. Ek het immers met hom getrou en ons was gelukkig. Toe gebeur die lewe en die druk van finansies en ouerskap. Ons liefde kon nie die toets deurstaan nie. Ons het nie gestaan by die belofte wat ons gemaak het om by mekaar te staan deur dik en dun nie. ‘n Huwelik is baie werk en ons was eintlik selfsugtig. Dit is die ergste van alles, nie een van ons wou toegewings maak nie. Ons het net aan onsself gedink en wat vir ons reg gelyk het en wat van Sarel?” Sy begin onbedaarlik huil .’
“Ek kon min of meer cope tot nou dat hy ‘n tiener is. Hy luister nie, challenge my om elke hoek en draai en nou verwyt hy my oor sy pa ook..
“Maar hoekom, sy pa kan hom seker ook sien as hy wil?”.
Norma huil nou nog harder en uiter die volgende woorde snikkend: “Dit was my fout. Ek het gesê hy moet darem een ding reg doen en vir Sarel afteken. Die kind is baie beter af as om met so ‘n lui en nikswerd Pa te sit.”
“Ai Norma dit is ‘n slegte situasie, maar hy kon geveg het vir Sarel as hy regtig wou. ‘n Saak het altyd twee kante.”
“Miskien ja, maar ai, as ek tyd kon terug draai sou ek dinge soveel anders gedoen het.”
My eie gedagtes dwaal oor my verlede. Daar is dinge waaroor ek spyt is en ander wat ek heel anders sou wou gedoen het. Ek kyk na Norma en lê my hand in hare.” Ons kan probeer om dinge reg te maak waaroor ons spyt is en vergifnis vra van ons Skepper en medemens. Ons kan leer deur ons foute, vorentoe kyk en die beste maak van wat voorlê.”
Ek vee ‘n krul uit haar gesig wat aan ‘n nat betraande wang vasgekleef het. “Dan het ons ook mekaar om op te steun en, lief en leed te deel, sê ek met ‘n skewe glimlag..
Saam sit ons twee in stilte en kyk hoe die son se laaste strale agter die berge verdwyn. Nog ‘n dag het verby gegaan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD