Jongste aktiwiteit:

Nommer Pas

Twee vriendinne gaan uit om klere te koop. Hulle het nodig om bekostigbare uitrustings te kry sodat hulle nie dieselfde klere meer as een keer ‘n week aantrek nie. Om elke Maandag dieselfde uitrusting te dra is een ding, maar om dit drie keer ‘n week te doen is onaanvaarbaar. Tog, om klere te vind wat hulle reg pas, een ‘n presiese sestien en die ander ‘n mengsel van twaalf en veertien, is nogal moeilik.

‘Jy weet wie moet blameer word vir body issues, nè?’ vra die blondine wat gemaklik in ‘n sestien grootte pas.

Haar vriendin in die nommer twaalf bloes en veertien broek skud haar kop.

‘Die ontwerpers van bekostigbare klere wat geen benul het hoe die liggaam rêrig lyk nie.’ Sy hou ‘n nommer sestien broek in die lug wat nie een van die twee ooit sal pas nie.

‘Miskien is dit die klomp wat die labels op sit wat ‘n fout gemaak het?’

‘Hoekom is dít dan die grootste nommer?’

Die brunet in gemengde nommers kan die trane, die self-haat, onder die woorde hoor.

‘Kom ons probeer die skoene. Skoene maak jou altyd gelukkig.’

Die skoene is iets uit ‘n sprokie uit. Maar hulle is nóg erger as die klere: die hakke is té groot en die toon deel té knap.

‘Miskien is dit net nie bedoel nie?’ vra die blondine terwyl sy hard wegsteek hoe ontsteld sy is.

‘Langsaan is dit bietjie duurder, maar dalk het hulle wat ons soek?’

‘Kyk net hierdie baadjie!’ sê die blondine voordat hulle die winkel verlaat.

Dis pragtig: net die regte skakering goud om nie belaglik te lyk nie en in ‘n styl wat enige liggaam soort sal pas – selfs iemand aan die groter kant.

Maar die grootste nommer, ‘n driedubbele XL, is gemaak vir iemand met stokkies vir arms.

‘Moenie. Nie ‘n word nie,’ sê die blondine en hou haar hand in die lug sodat haar vriendin net moet stil bly.

Die duurder winkel het hulle in trane. Die broeke is groot genoeg, maar daar is iets fout in die boud area: dit laat dit lyk asof hulle babadoeke dra. En dis so styf om die middel, dit laat die vetjies soos skons uitpeul. Haaglik!

‘Dink hulle regtig dat alle vrouens wat groter nommers dra Pamelas het?’ vra die blondine en kyk ongelukkig na die hangende voorste deel van die bloes wat sy aanpas. Die agter kant is vreemd genoeg té styf…

‘Miskien is dit net wensdenkery,’ sê die brunet terwyl sy uit die té los dog té stywe toppie probeer kom.

‘Ek dink dis tyd om op te gee,’ sê die blondine afgehaal terwyl sy klere ruil.

‘Daar is nog die skoene…’

‘Wat heel moontlik net so erg soos dít gaan wees,’ sê sy en beduie na die klere wat net nie wil reg sit nie.

‘Miskien verras hulle ons.’

Die skoene verras hulle wel.

Al die skoene is té klein en styf, maak nie saak watter nommer hulle probeer nie en die skoene is defnitief nie vir mense voete gemaak nie.

‘Wat op aarde is fout met hulle?’ vra die blondine en gooi die skoene terug in hul bokse.

‘Hulle stel nie regtig belang om klere te verkoop nie. Dis ‘n skans vir iets anders,’ sê die brunet en lei haar vriendin uit die winkel uit.

‘Oe! Dwelms? Slawe? Swartmark organe?’

‘Self-haat,’ sê die brunette en gluur vir die spook-dun winkel assistente.;

Hulle gaan na die duur winkel, die een wat hulle vermy want dit is buite hul prysklas. Maar hier sit ‘n nommer sestien broek los en baie gemaklik in al die regte plekke. Ja, die broek kos drie keer soveel as by die vorige winkel en soveel meer as dit by die bekostigbare winkel, maar hier is daar geen self-haat of trane in die soek na klere wat reg pas nie.

Selfs die skoene, in die regte grootte, het ‘n bietjie spasie.

En die bloese? Hulle is nommer pas.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword