Jongste aktiwiteit:

UURGLAS

UURGLAS

Ek trek my vingers deur my grys deurdrenkte hare.
Die stille tekens van waar ek staan in jare.
Die uurglas op die kas vang my oog en ingedagte kyk ek hoe die sand deur sy boepenslyfie vloei.
Ek dink beangs daaraan dat met die spoed wat die sand deur die uurglas se lyfie vloei,
so het die jare van my lewe vinnig in getalle aangegroei.
Ek wil skree”Stop, kom ons begin oor!'”, soos wanneer ons ‘n speletjie speel en ek sleg verloor.
Maar , helaas die sand vloei ongehinderd deur die lyf van die uurglas voort.
Rustig gly die sandjies deur…onbewus van die storms wat woed in my gemoed.
‘n Gedagte laat hoop weer in my oe flikker.
Daar kom gelukkig mos ook wysheid met die grysheid.
Ek kan mos hieruit tog iets leer.
Ek kan van nouaf elke korrel sand wat deur die uurglas se lyfie gly laat tel.
Bewus van elke sekond, elke minuut, elkeen is op die spel.
Ek gaan hulle opgebruik,klaar leef , elke sandkorreltjie volstop met betekenisvolle dinge.
Die beste maak van elke oomblik voordat dit in die uurglas veraltyd verby gly.
Kom uurglas, terug is jy op die rak.
Ek het nog baie dinge om te beleef en te doen voor jou sand vir my lewensdae op kan raak.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed