ORKAAN
ORKAAN
Daar woed ‘n woeste orkaan
die hemelruim ruk pluk en verstuk
bome word ontwortel
deur die wind aangejaag
donker grys growwe wolke
die aarde in skemer omvou
in die verte tref blitse met flitse
teen liglose hemel blou
slaan reëndruppels teen die venster raam
biggelende trane teen die ruit afgaan
© Eleen van Deventer Vorster
25/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.