Jongste aktiwiteit:

MY SONNEBLOM

MY SONNEBLOM

My mooiste sonneblom
in die oggend strale van die son
word jy werklik deel van my
ek voel jou hartklop hier binne my

in jou hart het jy geblom
ek soek jou waar die son opkom
van hier na daar het ek gegaan
my blom het weer by my gestaan

my somerblom het ek gepluk
in jou oë sien ek ons geluk
sonskyn meisie hier langs my sy
in die sonlig het ek jou hart gekry

©Eleen van Deventer Vorster
25/02/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed