My woorde
My woorde soek meer mening.
Dit soek skeilling tussen elke lyn.
Dit soek liefde en die gevoel daarby.
Dit soek hartseer en trane wat nat gly.
My woorde kry lewe en ontwaak
tussen die lyne waar dit geduldig lê.
Dit soek waarhede, elk braaf op sy eie.
Die trane gee dit ‘n tikseltjie siel by.
My woorde vind my al van kind,
dit het hart en siel aanmekaar gebind.
My woorde geplak op my plafon,
egste woorde verskyn sonder die son.
My woorde dra liefde.
My woorde dra vreugde.
My woorde dra hartseer.
My woorde dra my siel se geure.
Ek soek my woorde
waar hul wandel,
teen my muur,
vry en opreg.
My woorde ken my kop
hulle ken my lag,
en tel elke traan.
My woorde is my donker siel se sterre.
(c) Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.