altyd Ulysses se Penelope (Silwer)
ek moet hier
wag
gekruisde bene
wag
die tyd uit
wag
wyl jy om die wêreld gaan
en leef –
vergeet dat
ek nog hier maar net
van uur tot uur
bestaan
jy’t my uitgesmyt
uit jou diepleef
uit
soos ‘n mooi trofee
voltooi ‘n los ornament
jou bestaansmonument
en word mee
weggedoen
sonder dat jy weet
of meelewend bou
aan die krag en diepte
van elk’ vergange stonde
se liefde
van jou vrou
© Charleine Collins 26 Februarie 2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD