sug
my duin is in lente
die golwe stu kalm voort
meeue sit en kwetter by duisende
malgasse belyn elke rots in swart rye
water het lewe soos harders daarin swem
elke seevoël vreet hom trommeldik
op die strand spoel duisende
skulpdiertjies uit en los
hul huisies net daar
begrawe hulself
in nat sand
lewe gaan
voort
asof môre
nie bestaan
soos mense
kom en
gaan
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.