Jongste aktiwiteit:

Die verlore seun

Ek gee vir jou ‘n potjie heuning
om jou woorde mee te salf,
‘n purper koningskleed
en ‘n vetgemaakte kalf.

ek gooi my arms oop vir jou
kom en maak jou tuis,
kom maak vir jou ‘n woning
in die kamers van my huis

die kaggelvuur is aangesteek
om jou koue te verdryf
kom nestel teen die hitte
van my omgee-ouer lyf

slaap my kindjie, saggies
vergeet jou sorge nou –
more skyn die son weer,
blink die hemel kobaltblou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed