Jongste aktiwiteit:

Eendag

Eendag
Hierdie gedagtes moeilik om te verwoord
onmisbare leemte in my moederskoot
tannie van vele die is ek beslis
kindjie van my eie is wat ek erg mis

Soveel paartjies deel ook my smart
intense verlange in hierdie vroue hart
so baie sê daar is ‘n doel en ‘n rede
tog die antwoord stel my nie tevrede

Waarom is dit nie vir my beskore
is ouerskap totaal vir my verlore
tonne liefde het ek om te gee
huilend en smekend bly ek op my knieë

Daar is ongelooflike krag in gebed
my Skepper weet nog voor ek gevra het
die Vader sal my gebed verhoor
eendag sal ek die roep “Mamma” hoor
©Ans van Rensburg
16/11/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed