Jongste aktiwiteit:

Emosies, gevoelens en bedoelings

Emosies, gevoelens en bedoelings
Elke sin kom van diep uit die kamers van my hart
liefde, blydskap, seer en soms ook verward
al my emosies word sorgvuldig neer gepen
steeds wil dit voorkom of jy my nie regtig ken

Onbeskryflik lief is ek vir jou
tog kan ek skaars vandag van jou hou
jy het my brose hartjie seer gemaak
ongeag gaan jy voort onaangeraak

Diep my gevoelens, wou dit graag met jou deel
dan kom die duiwel die oomblik by ons steel
as jy my hart soos ‘n storie kon lees
kon ek dalk vir ‘n wyle jou prioriteit wees

My mens wees en dade beslis ‘n ope boek
nooit hoef iemand my bedoelings te ondersoek
eens in my lewe soek ek na daardie gevoel
die gevoel waar ek voel dat jy elke word bedoel

©Ans van Rensburg
11/11/2022




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed