Jongste aktiwiteit:

Ontvlugting (Silwer)

Ek droom ‘n paradys
– ongerep en vry –
waar omgee roep na sy maat
en vrede in koeltes lê en slaap.

Ek droom van stiltes wat praat
wat emosies sinvol verwoord,
waar denke vry in vlug
sierlik swaai deur die lug.

Ek droom egtheid wat aard
wat reg laat geld,
waar vooruitgang vreesloos wei
van stroop en wreedheid bevry.

‘n Plek waarheen ek kan ontsnap
vry van pretensie en morbiditeit,
‘n plek waar my sintuie weer lewe kry –
ongesteurd in God se skepping kan gedy.

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed