Die mens se grootste sonde
Het ons as mens dan eens geleer
mm ons medemens met swart te smeer
die Adam, Eva sond’ sindroom
waaraan elkeen van ons behoort
waarom sal ons sien die sleg van ander
wyl ons swakheid skuil waar niemand sien
weet ons dan nie dat ons klein tekortkoming
gelyk gestel is aan die wreedste mag
Here waarom weet ons nie
dat ons sonde skuld en gebroke las
die van ander, nie kan meerder ag
dat ons denke selfs gelyk aan hulle dade is
o Heer vergeef ons harte Heer
maak ons skoon, ons harte rein
sodat ons nooit die hartseer sonde
van ʼn ander groter as ons eie sien
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.