Jongste aktiwiteit:

ʼn Volk se trane-hart

ʼn Hartversonke diep in ou verbonde
in ʼn jaar verby van bitter soete trane
uit ons hart drup bloed van seerkry woorde
leed versonke in ʼn volk se drome

van waar sal ons hulp dan kom
terwyl die rou en galle smart
van ʼn volk se hartseer bloed
wegsink en dan roep uit dorre aarde

waarom word die skuld van ander
in ons bloed gewas met haat so sonder rede
op ons knieë staan ons Heer
bid ons harte vir ons vrouens, kinders weer

waarom dan dat valle engele
hul verlustig in hartseer droefheid
van gebroke en ʼn brose aardse lyde
teen ʼn volk se hart wat biddend fluister

in U hand lê al die mag, o Here
verlos ons van die bose-mag teen vrede




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed