Nuwejaarsgebed vir almal
Onse Vader in die hemel
346 van hierdie jaar se dae
is nog onbevlek toegedek
in U verborge skatkis verberg
gee tog Heer dat al die dae
U naam geheilig word
U wil geskied op hierdie aarde
laat U koninkryk naby kom
laat ons mekaar vergewe
soos U ons vergewe het
Here gee ons die genade
om elke dag skoon te begin
op ‘n nuwe bladsy van vrede
nuwe woorde saam te sing
gee ons die genade
om die bose te oorwin
in vrede met mekaar te lewe
weef liefde deur al ons dade
gee ons daaglikse brood in geloof gedoop
laat ons mekaar klee soos u ons beklee
Here, skenk ons die genade
om in 2018 se donker dae
fakkels te dra van hoop
©Evanthe 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Elroux, 'n opregte gebedsvers kan nie gekrit word nie, want jy ken jou hart beter as enigander. Ek dink die menslike eerlikheid hierin spreek vanself. Daar is net twee klein 'dingetjies' wat ek wil aanspreek: 1. Jy praar van 346 dae, wat dan sal beteken jy het die vers diep in Januarie geskryf? Of is dit net 'n vingerfout wat 365 behoort te lees? 2. Ek sou voorstel dat jy die woordorde in die laaste sin verander want dit laat die vers sterker en help ook met 'n rymskema; nl. "Here, skenk ons die genade om in 2018 se donker dae fakkels van hoop te dra." [Woordorde] Skryfgroete IM