
nuwejaar
het jy wel gehoor van die nuwe jaar
wat blink wink oor die rante
wat soos ‘n donker
misgordyn hang
oor die wye
golwe van die see
weet jy wel van die son wat daar skyn
wat saam met wind die mis sal skei
dan het jy gehoor van môre
oormôre en die dag daarna
so anders as gister en eergister
wat nou agter toe deure van tyd lê
lig jou kop op en kyk met helder oë
môre kom gou –
maar sal gou weer
gister wees
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.