toekoms-turf – silwer
toekoms-turf – silwer
nooit hoef jou kinders wat trou is te vra
hoekom woon ons nogsteeds in Suid-Afrika
ons weet jy’s die bodem van skoonheid en durf
vir jare en dae ons toekoms se turf
op berge en dale
van kus tot karoo
gevestig
geanker
deur elkeen wat glo
behou trots tradisies
vertroetel kultuur
dis die murg van ons wese
ons fel lewensvuur
in ons donkerste nag
en in glashelder dae
net een enkel’ vesting
Suid-Afrika
© Retha van Deventer, 28 April 2026.
Voetnota:
Met eervolle vermelding aan C.J. Langenhoven vir die gebruik van die eerste reël van “Vlaglied”, 1926.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.