Het tyd tog maar net n prys
Het tyd tog maar net ’n prys
Deur: Ryno du Plessis
Sou ek maar net kon, ’n prys betaal vir dit wat was.
Woorde gesê, dade gedoen met die tik van tyd.
Te veel gespaar op “dankie, ek waardeer jou”—die gevoel van berou.
Hoeveel van my doen en late het jou geknou?
Kon ek jou nie maar eerder met liefde omvou?
Spyt is die prys wat jy aan tyd betaal.
Geen geld kan tyd se waarde bepaal.
Kon ek eerder net gister koop,
maar nou het ek nog net môre se hoop.
©️ Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.