My beminde in droom
bruin gebrand aantreklik verby
om in sy skaduwee te sit is hemels
sy liefde soet gegeur met ‘n glimlag
hou hy my vas tussen die lelie van dale
omring is ek met sy sterke arms
keurig verkwik ek my in sy nabyheid
soos ‘n klok klink sy stem in my ore
terwyl sy lippe oor my nek speel
my beminde is myne en ek is syne
wat herder is onder die lelies
sy bene is soos marmer pilare
sy liggaam die kunswerk van ivoor
op my bed het ek hom gesoek
my sielsbeminde nie gevind
totdat die aandwind waai
en die skaduwees vlug
my beminde in ‘n droom
‘n vae onthou so naby tog so ver
roep ek die aandster nader
in oogwink verby my beminde weg
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.