Pruttelwoorde
Pruttelwoorde
(Hoe bid jy?)
Pruilmond prewel pruttelwoorde
skaarsroerlippe se asemstem nagsag
kramphande witgekneukel
geboeë oor knieklap pyn
worstel met die aanvoerwens
gevolg deur sielsbetoog oor
steunende psalmvers
belofteruk en betraande oog
droeë sluk dan laaste
skynbedank voor slotgesang
met neuriesug wat (hopenlik)
God se aandag vang?
© Grootvissie
Januarie 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.